Thursday, December 06, 2007

Stork Partytjie-reeks : for you peeps who know little peeps

Blom-Koek

Bereidingstyd:Omtrent 2 uur
Baktyd: omtrent 35 - 45 minute
Oondtemperatuur: 180 grade celcius

KOEK

  • 240g Stork Bake
  • 320g strooisuiker
  • 15ml vanieljegeursel
  • 4 groot eiers
  • 480g koekmeel
  • 20ml bakpoeier
  • 2ml sout
  • 250ml melk
VERSIERSEL
 
  • 225g sagte Stork Bake
  • 462g versiersuiker, gesif
  • 50-60 ml melk
  • groen, pienk, geel en blou kosleursel
VERSIERINGS
 
  • Verskillende groottes gewone kolwyntjies
  • Lekkergoed van jou keuse in verskillende kleure, soos Smarties, Jelly tots, verskuikerde droplekkers en gestreepte jellielekkers
  • Rooi en pienk jellytots, ronde pienk jellielekkers
  • Kleurstrooisels
  • Gekleurde vermicelli
  • Droë klapper
  1. Klop die volvet-bak-margerien met 'n elektriese klitser tot lig. Voeg die strooisuiker bietjies-bietjies by. Hou aan klop tot lig. Voeg die vanieljegeursel by en voeg die eiers een-een by - klop goed na elkeen
  2. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam en vou dit om die beurt met die melk in die eiermengsel
  3. Vou sorgvuldig in tot goed gemeng. Gooi in 'n gesmeerde en gevoerde ronde koekpam van 26cm. Bak in 'n voorverhitte oond vir 35 - 45 minute of tot 'n toetspen skoon uitkom. Haal uit die oond en laat in die pan afkoel vir 10 minute. Keer die koek uit die pan en laat op die draadrakkie heeltemal afkoel
  4. Versiersel Klop die volvet-bak-margerien tot lig. Roer die versiersuiker by. Voeg die melk bietjies-bietjies by. Voeg genoeg melk by dat dit 'n smeerbare tekstuur kry. Klop goed met 'n elektriese klitser tot lig en romerig. Bedek die bak met kleefplastiek gebruik om te keer dat die versiersel uitdroog
  5. Kleur die derde van die versiersel heldergroen. Verdeel die res van die bakkies en kleur een pienk, een geel en een blou.
VERSIER DIE KOEK
 
  1. Sit die koek op 'n ronde koekbord. Smeer groen versiersel aan.
  2. Keer die kolwyntjies sonder papiertjies onderstepo. Smeer die kante en onderkant van elk met gekleurde versiersel - party pienk, party geel en ander blou
  3. Gebruik verskillende soorte lekkers en versier elke kolwyntjie met 'n ander ontwerp. Ju kan ook die versierdie kolwyntjies in kleurstrooisels of gekleurde vermicelli druk en dan 'n ronde geel of oranje lekker in die middel sit
  4. Bedek die bokant van die koek met versierde kolwyntjies - gebruik groot, medium en kleintjies. Vul die spasie tussen die kolwyntjies met GROOT lekkers
  5. Pak pienk en rooi jelly tots rondom die basis van die koek
  6. Spuit pienk versiersel al langs die koekbord se rand. Strooi klapper oor die res van die koekbord
SKEP DIE REGTE ATMOSFEER:
 
Gooi 'n helderkleurige doek oor die tafel met bont ballone, plastiekblomme en papierlinte daarby. Hang stukke van die blom- en lintversierings in die deur en strooi blomblaartjies op die vloer rondom die tafel
 
MAAK JOU EIE VERSIERDE LINT:
 
Koop bundels kunblomme in komplemterende kleure by 'n dekorwinkel. Trek die blomme van die steeltjies af en verwyder die meeldrade. Kyk in die winkels rond vir blomvormige knipsels (dit word vir kralewerk of plakboeke gebruik), verskillende kleure klein kraletjies en katoenlint. Eksperimenteer met kleurkombinasies en pak sowat drie blomblaarvorms bo-op mekaar om die detail vir 'n enkelblom te vorm. Gebruik 'n gomgeweer en plak die blomblaardele een vir een bo-op mekaar vas en daarna op die katoenlint. Spasieer die versierings mooi eweredig
 
Gee vir die gaste elkeen 'n blom-haarband, en as hulle huis toe gaan, elkeen 'n sakkie vol blomringe en lekkernye
 
BLOMKOLWYNTJIES
 
Klop 250g Stork Bake en 340g strooisuiker met 'n elektriese klitser tot lig. Voeg vier groot eiers een-een by en klop goed na elkeen. Voeg 10ml vanieljegeursel by en klop gied. Vou 560g bruismeel om die beurt met 400ml melk in. Verdeel die mengsel in die helfte. Skep 'n derde van die een helfte in gesmeerde muffin-panne, 'n derde in gesmeerde kolwyntjie-panne en die res in gesmeerde mini-kolwyntjie-panne wat met kolwyntjiepapiere gevoer is. Bak in 'n voorverhitte oond vir 12 tot 15 minute tot goudbruin en deurgaar. Haal uit die panne en laat op die draadrakke afkoel. Gebruik die kolwyntjies sonder die papiertjies om die koek te versier. Versier die res van hulle met van die versiersek wat oorgebly het. Sny malvalekkers met 'n skêr in stukkies. Druk die klewerige rande in die kleurstrooisels en plak dit op die kolwyntjies vas, sodat dit soos blomblare lyk. Sit klein lekkertjies (soos jelly beans) in die middel van elke kolwyntjie om die blom se hart te vorm.
 
DIE UITNODIGING
 
Druk of skryf die besonderhede oor die partytjie op 'n stuk gekleurde papier en knip dit uit. Breek 'n paar kunsblomme van hul steeltjies af en verwyder die meeldrade. Pak twee heel blomblaarstukkies in teenstellende kleure bo-op mekaar vas en plak dit met sterk gom of 'n gomgeweer in die een hoek van die uitnodiging vas.
 
DIE TAFEL
 
Gooi stukkies gekleurde katoenlint wat met stapels blommetjies versier is rondom die koek oor die tafeldoek. Moenie die linte aan die tafeldoek vaswerk nie, want dit kan na die partytjie mooi dekor wees vir die verjaardagmaatjie se kamer. Hang ook die versierde lint in die deur of hang dit aan die gordynreling oor die venster
 
HAM EN PARMESAAN WIELE
 
Maak 16- 20
Bereidingstyd: 20 minute
Baktyd: 10 - 12 minute
Oond Temperatuur: 200 grade celcius
 
  • 1 pakkie gekoopte blaardeeg
  • 50g gesmelte Stork Bake
  • 25ml Dijon-mosterd
  • 100ml gerasperde parmesaankaas
  • 8 snytjies parmaham
  • 5ml droë marjolein (opsioneel)
  1. Rol die deeg op 'n plat oppervlak uit. Meng die volvet-margarien en mosterd en smeer dit oor die deeg. Strooi kaas oor en pak snytjies parmaham oor die kaas sodat die hele vel deeg bedek is. Geur met marjolein. Rol die deeg losweg van die kort kant af op
  2. Sny die rol in 1,5 cm stukkies en pak dit op 'n gesmeerde bakplaat. Bak in 'n voorverhitte oond vir 10 tot 12 minute of tot liggies bruin
Variasies: Gebruik bros-gebraaide spekvleis, snytjies avokado en feta vir die bolaag. Probeer ook snytjies gaar hoender en vars roket- of basilieblare saam met snytjies babatamaties
 
MAAK BLOMRINGE VIR PRESENTE
Koop basiese metaalringetjies (by handwerk of kralewinkels) en plak 'n blomversiering daaraan vas (dieselfde as die wat aan die katoenlint vasgeplak is) As jy tyd het, kan jy nog detail met blinkergom en kraletjies byvoeg.
 
GOETERSSAKKIES
 
Maak vir elke gas 'n blomring wat hulle kan huis toe vat. Pak die ringe in klein papier kardoese en ryg 'n paar helderkleurige plastiekkrale aan die sakkies se handvatsels
 
SALAMI-PIZZA-HAPPIES
 
Maak: 16
Bereidingstyd: 20 minute
Baktyd: 15 - 20 minute
Oond Temperatuur: 200 grade celcius
 
  • 1 rol gekoopte blaardeeg
  • 50ml Stork Bake, gesmelt
  • 125ml tamatiepasta
  • 1 rooi ui, gehalveer en fyn gesny
  • 8 snytjies salami
  • 1 groen soetrissies, gekap
  • 1 sakkie swart of groen olywe, ontpit
  • 125ml cheddar, gerasper
  • 125ml mozarella, gerasper
  1. Verf die blaardeeg met die gesmelte volvet-bakmargerien. Sny die deeg in vierkante of gebruik 'n skondrukker om sirkels uit te druk. Pak die deeg op gesmeerde bakplate en smeer 'n bietjie tamatiepasta in die middle van elkeen
  2. Pak snytjies rooi ui, salami, soetrissie en olywe op elke stukkie deeg. Strooi kaas oor elkeen
  3. Bak in 'n voorverhitte oond vir 15 - 20 minute of tot die deeg uitgerys en goudbruin is. Sit dadelik voor.
 

No comments: