Tuesday, October 30, 2007

Switserse ete vir die koue

Geure van Switserland

Gewilde bestanddele in die Switserse kookkuns sluit in 'n verskeidenheid brode, suiwel-produkte en kaas. Wors en vleis- veral kalfsvleis, varkvelis en hoender of kalkoen, word op baie maniere gaargemaak en saam met vars groente, aartappelgeregte, rys of pasta, voorgesit. Die kaas-fondue saam met vars brood is 'n gunstelling, en quiches is ook baie gewild. Die Switsers is bobaas-bakkers en gebruik vars vurgte, bessies of kersies om heerlike vrugtetertjies en koeke te bak. Dan is Switseralnd natuurlik ook bekend vir sy smullekker sjokolade.

Emmantel en karwysaadsop

Genoeg vir 6
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 35 minute

  • 100g (100ml) botter
  • 6 preie, gekerf
  • 3 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 65g (115ml) koekmeel
  • 1 liter hoender of groente aftreksel
  • 20ml karwysaad
  • 300ml melk
  • 200g emmantelkaas, gerasper
  • vars gerasperde neutmuskaat
  1. Verhit die botter in 'n groot kastrol oor medium hitte. Voeg preie by en soteer tot goudrbuin. Voeg die knoffel by en braai vir nog twee minute
  2. Roer die meel by en laat vir omtrent 'n minuut kook. Roer nou die aftreksel bietjies-bietjies by. Voeg die karwysaad by en kook oor medium hitte tot die mengsel begin verdik. Verlaag die hitte en laat vir 20 minute prut
  3. Voeg die melk by en rper tot deurwarm. Roer net voor etenstyd die kaas by en geur na smaak met vars gerasperde neutmuskaat. Sit dadelik voor saam met Franse brood
Kalfsvelis met 'n romerige sampioensous
 
Genoeg vir 6
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute
 
  • 10g droë porcini-sampioene
  • 250g gemengde vars sampioene, gekerf (los die heel kleintjies heel)
  • 1kg kalfsvleis of varkfilet
  • 40ml koekmeel
  • 50g (50ml) botter
  • 1 ui, fyn gekap
  • 150 ml bief of hoenderaftreksel
  • 150ml droë wit wyn
  • 150ml room
  • 45ml vars grasuie, gesnipper
  1. Week die droë sampioene in 100ml warm water. Wag tot dit sag is en dreineer dan. Sny dit fyn en meng met die vars sampioene
  2. Sny die vleis teen die grein in dun repies. Strooi die meel oor. Verhit die helfte van die botter in 'n groot kastrol. As dit warm is, voeg die vleis by en braai vir 1 minuut en roer heeltyd. Skep die vleis uit die pan
  3. Gooi die res van die botter in die kastrol en voeg die ui by. Soteer tot sag en voeg die sampioene by. Roer om dit te bedek en sit die deksel op. Laat die sampioene vir 5 minute prut tot sag
  4. Voeg die aftreksel en wyn by en verhit tot kookpunt. Laat vir 5 minute prut en afkook, roer die room by en voeg dan die vleis en grasuie by sodra die mengsel begin prut. As dit deurwarm is, kan jy dit na smaak geur en dadelik voorsit saam met aartappel-rosti en gestoomde vars groente
Aartappel Rosti
 
Let wel: Die aartappels vir die gereg moet die dag vooraf gekook word en oornag in die yskas gehou word
 
Genoeg vir 6
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: omtrent 30 minute
 
  • 6 middelslag tot groot gewaste aartappels, gekook
  • 30g (30ml) botter
  • 60ml sonneblomolie
  • 20ml water
  1. Skil die aartappels en rasper dit met die growwe kant van 'n rasper
  2. Verhit die helfte van die botter en olie in 'n kleefvrye swaarboompot. Jy kan ook twee panne gebruik as een nie groot genoeg is nie. As die pan warm is, kan jy die aartappels ingooi. Druk dit stewig vas. Sprinkel 'n bietjie water oor en sit die deksel op. Braai oor 'n lae hitte vir omtrent 15 minute tot die onderkant bros en goudbruin is. Sit 'n plat bord bo-oor die pan en keer die rosti op die bord uit
  3. Verhit die res van die botter en olie en laat die aartappelgebak terugglip in die pan. Sprinkel nog 'n bietjie water, bedek en braai tot die onderkant ook bros is. Sny in wiggies en bedien dadelik
Maak individuele , kleiner rosti, deur lepels van die gerasperde aartappel in die pan te sit pleks van een groot koek
 
Sjokolade Fondue
 
Genoeg vir 6
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 10 minute
 
  • 300g Toblerone (of donkersjokolade)
  • 125ml room
  • 30ml Kirsch (kersielikeur)
  • Blokkies vars vrugte, klein stukkies koek of snytjies rolkoek en vingerbeskuitjies om te doop
  1. Breek die sjokolade in stukkies. Sit die sjokolade, room en Kirsh in 'n kastrol en verhit oor baie lae hitte. Roer tot die sjokolade gesmelt het. Gooi in 'n fondue-pot oor 'n flou vlammetjie
  2. Sit voor met koek, vrugte en soet beskuitjies sodat die gaste dit in die sjokolade kan doop
Spesery neutkoekies
 
Genoeg vir: 2 groot bakplate
Bereidingstyd: 30 minute, plus staantyd
Baktyd: 20 minute
Oondtemperatuur: 200 grade Celcius
 
  • 610g (1125 ml) koekmeel
  • 10ml fyn kaneel
  • 7ml fyn naeltjies
  • 5ml fyn kardemon
  • 3ml fyn neutmuskaat
  • 5ml koeksoda
  • 250ml heuning
  • 125ml suiker
  • 30ml kirsch (Kersielikeur)
  • 150g grofgekapte amandels
  • 150g versuikerde sitrusskil
  • 15ml fyngerasperde suurlemoenskil
GLASSEERSEL
 
  • 150g (265ml) versiersuiker
  • 45ml water of Kirsch (kersielikeur)
  1. Voer twee reghoekige bakplate uit met waspapier
  2. Sif die meel, speserye en koeksoda saam, Meng die heuning, suiker en 30ml water in 'n klein kastrolletjie en smelt oor lae hitte. Dit moenie kook nie
  3. As die suiker opgelos het, verwyder van die plaat en laat effens afkoel. Gooi in 'n groot mengbak, voeg die droë mengsel asook die res van die bestanddele by. Meng met die deeghaak van 'n voedselverwerker tot glad. Voeg 15-30ml water by, indien dit nodig is
  4. Sprei die deeg in die bakplate uit tot 'n dikte van sowat 5mm. Gooi 'n skoon vadoek los bo-oor. Laat vir 3 tot 5 uur staan (of oornag), en bak dan vir 20 minute in 'n voorverhitte oond. GLASSEERSEL Terwyl die deeg bak, kan jy solank die glasseersel maak deur die versiersuiker en water of kersielikeur te meng
  5. Haal die koek uit die oond en verf dadelik met glassersel. Laat vir 10 minute afkoel en sny in diamant of reghoekvorms. Laat heeltemal afkoel op 'n draadrakkie en verf weer met die glassersel. Bêre in 'n lugdigte houers met waspapier tussen elke laag. Die koekies is op hul lekkerste as dit vir minstens vir 'n week gebêre word.
Iets te drinke
 
Geniet 'n glas wyn of Gluhwien saam met jou maaltyd. Rond die ete af met likeur, tee, koffie of warm-sjokolade
 
Gluhwein, of gekruide wyn, is 'n heerlike manier om gaste op 'n koue aand warm te kry. Probeer die resep: Meng 500ml water, 200ml suiker, 2 kaneelstokkies, drie naeltjies en 1ml fyn neutmuskaat in 'n kastrol. Verhit tot kookpunt en prut vir 10 minute. Haal die speserye uit en voeg 750ml rooi wyn by. Sit dadelik voor.
 
Skep die regte atmosfeer
 
Gebruik die Switserse vlag of kraakvars blou Alpelug as inspirasie. Gebruik 'n ou verweerde tafel met kontemporêre wit stoele vir 'n moderne weergawe van die tradisionele Switserse hut. Voer die tema verder met helderrooi, blou en wit stoelkussings, breekware en versierings.
 
Gee jou tafel lewe met 'n paar groenblaar takkies wat herinner aand die wouded van die Switserse Alpe
 
Geblikte presente
 
Maak 'n paar metaalblikkies vol Switserse lekkernye, in sneespapier toegedraai. Plak stroke rooi papier in kruisvorm oor die deksel vas vir versiering en om die geskenk te seel. Sit op die blikkies op elke gas se stoel 
 
Sit aan in styl
 
Sny rooi kruise uit rooi karton en skryf die naam van elke gas op 'n kruis. Laat die kruise lamineer en sny dit netjies uit (los 'n fun randjie rondom) Pons 'n gaatjie in die een punt van die kruis en druk 'n metaal-ogie daarin. Ryg 'n stukkie koord eur en bind die kruis ann die eetgerei of elke gas se stoel vas. Jy kan ook die kaartjies aan die tafelrand vasdruk met duimspykers
 
Laat die vlae wapper
 
Sny velle wit A4-karton middeldeur en verf die eenvoudige ontwerp vir die Switserse vlag daarop. Steek di vale aan stukkies koord vas en hang dit met plastiek-wasgoedpennetjies bo die tafel
 
Kerse en kruise
 
Gebruik teeligkersies in 'n eenvoudige ontwerp om sagte lig te skep. Sny dn strokies wit en rooi tissue papier sodat dit netjies om elke teeligkersie pas. Sny party stroke in kruise, gee dit 'n ligte laag spuitgom aan die kant en plak dit versigtig buite-om die teeligkersie.
 

No comments: