Wednesday, October 17, 2007

ONTHOU OM TE ONTHOU

Gebruik ou briewe of poskaarte.

Sny twee vierkante van 60 x 60 cm uit supawood en verf hulle wit. Vergroot dele van die koevert of poskaart met die posseëls op in swart-en-wit tot 70 x 70 cm. Meng die muurpapiergom tot dik en jel-agtig is, en verf dit met 'n groot verfkwas op die wit vierkante. Plaas die vierkante met die gomkant na bo versigtig in die middel op die agterkant van die fotostate, en draai dit om.

Gebruik 'n rubber-roller om dit glad te vee en enige blasies en oortollige gom uit te druk. Vee die rande skoon en vou die kante van die papier netjies om. Doop ' n teesakkie in 'n bietjie louwarm water, druk die water uit en vryf die tee-sakkie oral oor die prente om 'n verouderde gevoel te skep.

(Maak seker mens kan die posseël self sien met die poskantoor stempels, dit lyk stunners)

Dit - Mei

No comments: